Skade van miljoene rande in die Hertzogville-brand

Die verwoestende brand by Hertzogville in die Vrystaat, wat deur betogers se brandende bande veroorsaak is, is die grootste brand die seisoen en een van die grootstes in jare in die Vrystaat.

Netwerk24 berig dit is een van elf brande wat oor die naweek heen in die Vrystaat gewoed het.

Die brand het duisende hektaar, honderde vee en wild vernietig.

Die brand het van Hertzogville tot halfpad by Bultfontein en Dealsville gebrand.

Op een plaas het tot 150 beeste gevrek en bykans 50 koeie op ‘n ander plaas sal van kant gemaak moet word weens brandwonde.

Naby Dealsville het 100 skape doodgebrand.

Die skade word tans bereken op R7-miljoen.

Luister na potgooie hieronder