Die St Andrews skool in Bloemfontein gaan vir ‘n derde agtereenvolgende jaar skoene skenk aan kinders van arm gemeenskappe. Die Your Shoes-projek word vandeesweek in Bloemfontein by die skool van stapel gestuur met Cheetah-rugby wat ook hul gewig agter die projek gaan ingooi.

Rosestad1006 se algemene bestuurder, Bernie Naudé gaan moreoggend om half elf met die hoof van St Andrews, Roland Rudd en Cheetah-rugby se kommunikasie-hoof, Ronel Pienaar, oor die projek gesels. Die skool het reeds ses-duisend pare skoene, oefenskoene en stewels van die Our Shoes welsynsorganisasie in Ierland ontvang. Rudd het in ‘n verklaring gesê die skool skenk skoene aan arm kinders tot sover as Kaapstad. Die skool doen ook ‘n beroep op Bloemfonteiners om hul ou geliefde-skoene uit die kas te haal en aan die skool te skenk.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×