Sou internasionale oliepryse nié oor die volgende drie weke daal nie, lê daar waarskynlik ’n skerp styging in brandstofpryse in September voor.
Petrol het in Augustus 27 sent per liter duurder geword en diesel met tot soveel as 72 sent per liter.
Volgens die Sentrale Energiefonds se jongste syfers kan daar ’n reuse-styging in brandstofpryse in September wees.
Netwerk24 berig indien pryse vandag vasgestel moes word, sou petrol een rand 13 sent per liter duurder kos, en diesel 2 rand 43 sent.
Die oorsigmaand vir September se brandstofpryse is van 28 Julie tot 31 Augustus, en die pryse word op 6 September aangepas.