Die skietstilstand tussen Israel en Hamas is gister vir twee dae verleng. Nog 11 gyselaars was laat gisteraand uit Gaza onderweg na Israel, het die Israeliese Weermag gesê, berig AFP. Volgens The Guardian word die elf vrygelaat in ruil vir 39 Palestyne. Die eerste vier-dag pouse het gister sy laaste dag betree. Van die gyselaars wat die militante groep verlede maand in Israel ontvoer het, is tydens die wapenstilstand vrygelaat. Israel het ook sedert Vrydag meer as 100 Palestynse gevangenes vrygelaat. Volgens Sky News het Hamas ‘n verlenging vir vier dae gevra terwyl Israel gesê het hy sal ‘n dag by die skietstilstand voeg vir elke tien bykomende gyselaars wat Hamas vrylaat. Die Amerikaanse president, Joe Biden, het gesê hy hoop die wapenstilstand sal verder voortduur om die vrylating van meer gyselaars moontlik te maak en om meer humanitêre hulp na Gasa te stuur.