Skietwerk vir pypaanleg in Bloemfontein

Rosestad Nuus het verneem van skietwerk wat Woensdag, die 25ste Augustus, sal plaasvind op die serwituut grond aan die weste kant van Pellissier in Bloemfontein.

Volgens inligting is dit weens die installasie van ‘n pyplyn na Bloemwater.

Rossouw Botes, DA-raadslid in die Mangaung Metro, het aan Rosestad Nuus gesê, die aanlegging sal nie ‘n impak op die watertoevoer hê, tensy iets onvoorsienne gebeur nie.

‘n Presiese tyd is nie tans beskikbaar nie, maar beplanning dui daarop dat die skietwerk gedurende die middag sal plaasvind.

Die naaste straat wat deur die skietwerk geaffekteer sal word, is Bitterbessiebosweg.

Luister na potgooie hieronder