Die Bloemfontein dierebeskermingsvereniging spreek hul misnoeë uit oor die aantal skilpaaie wat in inwoners se besit gevind word.
Dit volg nadat hulle vandeesweek op vier skilpaaie beslag gelê het, met die laaste voorval wat aangemeld is van ‘n vragmotorbestuurder wat ‘n skilpad van die pad geneem het en voortgegaan het om daarmee na Lesotho te ry.
Inspekteur Werner Botha van die Bloemfontein DBV het vinnig gereageer en het daarin geslaag om die vragmotor te stop en die skilpad in veilige bewaring te neem.
Die skilpad is in ‘n klein kompartement, sonder kos of water, in die vragmotor gehou en het nie genoeg ruimte gehad om vrylik te beweeg nie.
’n Saak wat tot 10 jaar tronkstraf of ‘n boete van tot honderd-duisdend-rand kan lei, indien die verdagte skuldig bevind word, word ondersoek.
Die DBV hoop dat dit as ‘n waarskuwing sal dien, dat die oeroue, wilde diere nie troeteldiere is nie.
1 Comment
Comments are closed.