Slegte nuus wag op motoriste wat na die Paasnaweek weer hul voertuie moet volmaak. Netwerk 24 berig ‘n balansfondsheffing word vanaf April ingestel van byna 22 sent per liter. Dié wat petrol ingooi, gaan van volgende Woensdag in Gauteng 67 sent per liter meer betaal en 60 sent per liter aan die kus vir 95-oktaan petrol.
Dit sal die vierde agtereenvolgende styging in die petrolprys wees. Met die 67 sent styging sal die totale styging vir die afgelope vier maande bykans twee-rand per liter beloop. Diesel word ook duurder, hoewel net met 3 sent per liter. Aan die kus word diesel egter met 4 sent goedkoper. Die koolstofheffing op diesel styg met 3 sent per liter.