Sewe moorde, 24 sake van poging tot moord en 252 sake van ernstige aanranding by skole is in net drie maande in die land aangemeld. Daarbenewens is 38 leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes in dieselfde tydperk vanaf Oktober tot Desember by opvoedkundige instellings verkrag.

Netwerk 24 berig die DA-LP, Anna van Wyk het die skokkende statistieke in ‘n parlementêre vraag aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gestel en wou weet wat die departement doen om veiligheid van personeel en leerlinge by skole te verseker. Motshekga het gesê daar is ‘n gevestigde protokol met die polisie om misdaad en geweld in skole te takel. Sy het gesê skole word met polisiekantore gekoppel terwyl die polisie ook gemagtig is om deursoekings en beslagleggings uit te voer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×