Meer as honderd-duisend kinderverkragtingsake, asook 22-duisend sake van seksuele aanranding waar kinders die slagoffers was, is die afgelope jaar by die Suid-Afrikaanse polisie  aangemeld.

Volgens Maroela Media dui dit op ongeveer 1 472 kinderverkragtingsake elke maand en ongeveer 48 verkragtings per dag.

Die polisie het dié skoksyfers in antwoord op ʼn parlementêre vraag deur die DA bekend gemaak. Dit beklemtoon volgens die party die “sistemiese mislukkings om weerlose kinders te beskerm”.

DA-LP en DA-adjunkwoordvoerder oor polisie,  Lisa Schickerling, sê die party sal nou ʼn dringende vergadering tussen die parlementêre komitees oor polisie, maatskaplike ontwikkeling en justisie versoek om ingrypings te bespreek om die groeiende geweld teen kinders te stuit.

Sy voeg by dat dit ook kommerwekkend is dat ʼn groot aantal verkragtings by skole plaasgevind het, en benadruk dat egter nie alle verkragtings of seksuele aanrandings aangemeld word nie. Werklike syfers kan dus baie hoër wees as dít wat by die polisie aangemeld word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×