SKOLERUGBY – Die Grant Khomo o.16 rugbyweek het vir heelwat aksie gesorg op die 1ste dag in Gqeberha.
Die Boland het Maandag die Goue Leeus geskok in hul 21 – 16 sege waar hulle reeds in die 1ste helfte met toegepaste druk en kliniese afronding diè oorwinning verseël het.
Die Bulle – wat die nie-amptelike kampioen is – het gesweet aan die einde teen die Westelike Provinsie se B-span en net-net met 26 – 24 die wa deur die drif getrek. Die Streeptruie se A-span het die Oostelike Provinsie oorrompel en met 38 – 24 gewen terwyl die Haaie net te goed vir die Vrystaat was en met 26 – 20 die septer kon swaai.
*Diè o.16 rugbyweek duur tot Vrydag.