Die Graad 1-leerling van Hammanskraal, waaroor verlede week berig is, het negatief vir a-pokke getoets.
Die departement van onderwys het aanvanklik in ʼn verklaring gesê dat die eerste geval van a-pokke onder skoliere aangemeld is, maar het kort daarna in nog ʼn kennisgewing gesê dat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes eers die diagnose moet bevestig.
LEES MEER: Die land se eerste geval van a-pokke onder skoliere is aangemeld
Die woordvoorder van die departement van gesonheid sê nou dat daar geen gevalle van a-pokke verlede week aangemeld is nie. Volgens die departement is die situasie onder beheer, maar voeg by dat dit wel nie beteken dat waaksaamheid kan verslap nie.