Skoolbeheerliggame gaan nie meer van die mag gestroop word om self die taal-en toelatingsbeleid vir hulle skole te bepaal nie.
Netwerk24 berig Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, en haar departement het gister dié ommekeer in die parlement voorgestel. Aan die hand van die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, of Bela, is dit veral die bepaling van taal- en toelatingsbeleid wat ‘n opskudding veroorsaak het, en wat ook wyd bestempel is as ‘n direkte aanslag op Afrikaans.
‘n Oorweldigende meerderheid skriftelike en mondelingse voorleggings verwerp die Bela-voorstelle wat die bevoegdheid aan die provinsiale onderwysdepartementshoofde
oordra. Dit is egter aan LP’s duidelik gemaak dat onderwysdepartementshoofde steeds die finale sê oor alle skoolbeleid sal hê.