Bykans 250 000 skoolbeheerliggaam-posisies moet in aanstaande maand se landwye beheerliggaam-verkiesing gevul word.

Volgens doktor Jaco Deacon, hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, is hierdie die derde grootste verkiesing in die land. Skole regoor die land gaan binne die volgende maand hulle nuwe beheerliggame verkies. Die land se nagenoeg 25 000 openbare skole moet elke drie jaar ‘n nuwe beheerliggaam verkies.

Die beheerliggame wat nou verkies word sal die nuwe voorgestelde Bela-wet moet hanteer. Die wetsontwerp is reeds deur die Nasionale Vergadering aanvaar, en word tans deur die Nasionale Raad van Provinsies verwerk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×