Minstens 30 laerskoolleerlinge van Bela-Bela is gistermiddag beseer toe ‘n bus waarin hulle gery het, deur ‘n baksteenmuur van die Warmbad Forever Resort geploeg het. Die woordvoerder van die departement van onderwys in Limpopo, Matome Taueatsoala, het aan Netwerk 24 gesê die bus se remme het onklaar geraak en die bestuurder het beheer oor die bus verloor.
Die leerlinge is van die Modderspruit en Koppewaai-informele woongebied buite Bela-Bela. Taueatsoala kon nie sê waarheen die leerling oppad was nie. Die nooddienste was blitsig op die toneel en die beseerde leerlinge is almal uit die bus gehaal en na die provinsiale hospitaal in Bela-Bela geneem. Die busbestuurder is glo ernstig beseer.