Die skoolhoof van Pretoria Girls High is na verlede week se rasherrie, as voorsorgmaatreel en hangende ‘n ondersoek, vir 90 dae geskors.

Nuusflits berig dat volgens die LUR vir onderwys in Gauteng die skorsing kom na beweringe van leerders, dat die skoolhoof glo nie aan klagtes gehoor gee nie.

Rosestad-nuus het verlede week berig dat twaalf leerlinge van die skool geskors is nadat hulle ’n WhatsApp-groep, wat glo slegs vir blankes is, geskep het. Hulle het na bewering op die groep gesprekke wat as rassemikro-aggressie deur die departement beskou word gedeel.

Die onderhoof van die skool sal intussen as waarnemende hoof optree tot die ondersoek afgehandel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×