Die hoof van Pretoria Hoërskool vir Meisies, Phillipa Erasmus, mag steeds nie terugkeer werk toe nie, alhoewel haar skorsingstydperk van drie maande reeds verstryk het.

The Citizen berig die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het ‘n klag van onbillike arbeidspraktyke hieroor by die Onderwys-Arbeidsverhoudingsraad ingedien, aangesien die departement sonder verduideliking weier om haar te laat terug keer.

LEES MEER: ‘n Meisieskool in Pretoria is steeds onder ‘n rassisme-vergrootglas

Die SAOU se regsverteenwoordiger beklemtoon die Wet op Indiensneming van Opvoeders laat skorsing vir slegs drie maande toe, en dus is Erasmus daarop geregtig om terug te keer na haar pos.

Die Gautengse Onderwysdepartement het tot dusver geen kommentaar gelewer nie.

Erasmus se situasie het ook openbare steun deur toenemende oproepe in ‘n aanlyn-petisie vir haar hertoetrede gekry.

error: Inhoud is beskerm !!