Amper 40 kinders van Daluvuyo Primêre Skool is Woensdagoggend by die Bongani Streekhospitaal in Welkom behandel nadat hulle met jeukerige vel en ander verwante simptome opgedaag het.

Daar word vermoed dat die kinders koekies geëet het wat met onbekende tablette gemeng is.

Volgens die woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, is die kinders by die Bongani Streekhospitaal ondersoek en met medikasie ontslaan.

LEES MEER: Druk neem toe op regering om regulering van Spaza-winkels te vertserk

Die departement het omgewingsgesondheidpraktisyns na die gebied gestuur om ondersoek in te stel en bewysstukke oor die oorsaak van die kinders se simptome in te samel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×