Die nasionale Departement van Gesondheid het gesê die dra van maskers is steeds verpligtend in skole.

Dít nadat die Departement eers ’n verklaring uitgereik het waarin gesê is dat maskers steeds verpligtend vir binnehuis-aktiwiteite is, maar dat kinders in die skool uitgesluit word.

Die Departement sê dit was ‘n betreurenswaardige menslike fout.

Hulle doen ‘n beroep op alle ouers en leerders om voort te gaan om hul maskers tydens binnenshuise aktiwiteite te dra.

Woordvoerder van die departement, Foster Mohale, moedig die publiek aan om voort te gaan om hul terugvoer te stuur oor die gesondheidsregulasies wat bedoel is om COVID-19 en ander toekomstige pandemies te bestuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×