Die bewerings dat skoolmeisies wat 12 jaar en ouer is, gedwing sal word om teen hulle wil voorbehoedmiddels te neem is onwaar.

Volgens die departement van gesondheid in Gauteng is hierdie bewering gegrond op ‘n waninterpretasie van ‘n boodskap wat deur die Gautengse LUR vir Gesondheid en Welstand tydens ‘n terug-skool-toe-veldtog gedeel is.

Ouers word gerusgestel dat hul betrokkenheid by die saak belangrik is, aangesien hierdie besluit die algehele gesondheid en veiligheid van hul kinders behels.

Woordvoerder van die Gautengse Gesondheidsdepartement sê die departement is nie van plan om kinders te dwing om voorbehoedmiddels te neem sonder ouers toestemming nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×