‘n Seun wat daarvan beskuldig word dat hy vier mense by sy hoërskool in Georgia in die VSA vermoor het, is glo reeds verlede jaar deur die polisie ondervra oor anonieme aanlyn dreigemente.
Die 14-jarige het in Mei verlede jaar aan die polisie ontken dat hy agter internetplasings was wat beelde van gewere bevat het en waarsku teen ‘n skoolskietery.
Hy het Woensdag by sy hoërskool in die stad Winder losgebrand en twee onderwysers en twee leerlinge doodgeskiet. ‘n Verdere agt leerlinge en een onderwyser is beseer.
Hy is op kampus in hegtenis geneem en sal as ʼn volwassene vervolg word.