Skoon water word steeds in Bloemfontein vermors

Skoon water word steeds vermors by ‘n waterlekkasie voor die Laerskool Sentraal in Bloemfontein.

Alhoewel die probleem alreeds vir 4 maande voortduur, is daar nog geen vooruitsig op herstelwerk deur of die Mangaung Metro Munisipaliteit, of die Vrystaatse Onderwysdepartement nie.

Netwerk24 berig, volgens die skoolhoof, stroom helder skoon water onophoudelik by Raymond Mahlabastraat af.

Luidens berigte is twee motors se bande al weens slaggate afgeskryf, omdat die slaggate nie sigbaar is in die opgedamde water nie.

Die waterlekkasie het alreeds vroeg in April ontstaan, en is deur die skool se adjunkhoof, Johann de Beer, by die munisipaliteit
aangemeld.

Die munisipaliteit se kommentaar op navraag is, dat die waterpyp nie aan die metro behoort nie.

Luister na potgooie hieronder