Skorsing-saga van SUT-rektor vandag in die Hooggeregshof in Bloemfontein

Die skorsings-saga van die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein, se vise-kanselier en rektor, prof. Henk de Jager, word vandag in die hooggeregshof in Bloemfotnein aangehoor.

De Jager wat al reeds vir vier maande voorlopig geskors is, vra in sy aansoek sat sy skorsing as onregmatig verklaar word.

De Jager sê ook verder dat sy 90 dae skorsing reeds op 2 Februarie geëindig het.

Hy vra ook dat die inhoud van die ondersoek wat die SUT-raad teen hom van stapel gestuur het, se inhoud bekend gemaak word en dat sy regskoste betaal word.

In hulle verweer vra die SUT-raad se voorsitter, Nonie Mokose, dat De Jager se aansoek van die rol geskrap moet word.

Sy voer aan dat sy voorlopige skorsing wettiglik was en dat De Jager inkennis gestel was dat die skorsing van 90 dae nie naweke of vakansiedae insluit nie.

Netwerk24 berig De Jager se voorlopige skorsing kom nadat Geralda Winkler, bemarker en fondsinsamelaar van die SUT, hom in ‘n griefskrif by die SUT-raad verkla het.

Luister na potgooie hieronder