Die polisie is op soek na vier verdagtes, nadat die kluis van ‘n vulstasie by Welkom Maandag met plofstof opgeblaas is.

Luidens ‘n polisie-verklaring deur Sersant Mahlomola Kareli, is daar skote ten tyde van die rooftog afgevuur, maar niemand is beseer nie. ‘n Winkel-assistent, petroljoggies en sekuriteitspersoneel is met vuurwapens aangehou, terwyl die kluis opgeblaas is.

‘n Onbekende geldsom is gesteel. Die rowers het die misdaadtoneel in Nkoaneweg, in ‘n bakkie en ‘n sedan-voertuig verlaat. Die polisie ondersoek ‘n saak van sakeroof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×