Skuld aan die bankrot Mangaung metro beloop nou bykans tien miljard rand berig Netwerk 24.

Ratings Africa het onlangs bekend gemaak dat die metro se finansiele volhoubaarheid soos in 2022 gemeet, op slegs 24% staan.

Dit is die swakste van al die metro’s in die land.

‘n DA raadslid van Mangaung, Hardie Viviers, het gesê dienslewering kan nie plaasvind nie en salarisse is vandeesmaand laat betaal.

Die groot probleem is dienste wat nie gelewer word nie en noodsaaklike toerusting wat nie aangekoop kan word nie.

Viviers sê skuldinvordering van sakeondernemings en huishoudings behels net om briewe te skryf en nie om tot formele ligitasie-prosesse oor te gaan nie.

Dan kan beslag gelê word op eiendom of salarisse.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×