Skuldeisers lê beslag op die Minister van vervoer se kantoor toerusting

Skuldeisers het vandag op die kantoor van die Minister van Vervoer, Fikile
Mbalula toegeslaan en beslag gelê op van die kantoor toerusting, ingeslote ʼn rekenaar
wat deur die minister gebruik word . Die toerusting in die kantoor behoort
klaarblyklik alles aan die staat. Die beslaglegging volg nadat vasgestel is dat daar
uitstaande rekeninge is wat nie betaal word nie, en die skuldeiser het ʼn
beslagleggingsbevel verkry om sy onbetaalde rekening te delg. Volgens Die
Vryburger doen onbevestigde berigte die rondte dat die beslaglegging verband hou
met miljoene Rand wat verskuldig is aan padongeluk slagoffers wat nog nie uitbetaal
is vir die eise wat ingestel is nie. Die Hooggeregshof het beslis dat die fondse al op
28 Julie vanjaar uitbetaal moes gewees het.

Luister na potgooie hieronder