Die Suid-Afrikaanse polisiediens, of SAPD, het gister meer as 15 700 vuurwapens in Vanderbijlpark vernietig.

Maroela Media berig meer as 54 000 vuurwapens is sedert April vanjaar deur die polisiediens uit sirkulasie onttrek.

Brigadier Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is reeds ballistiese toetse op die vuurwapens gedoen wat gister vernietig is.

Hiervolgens kan géén een van dié vuurwapens glo met die pleeg van ʼn misdaad verbind word nie.

Die vuurwapens wat vernietig is, is óf gekonfiskeer, óf die vuurwapeneienaars het dit vrywillig aan die polisie oorhandig.

Mathe het gesê die polisie gaan voort met gespesialiseerde veldtogte om onwettige vuurwapens en ammunisie in Suid-Afrika
op te spoor en te verwyder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×