Na die onlangse swaar reën skep slaggate op die R59 tussen Parys en Sasolburg ‘n groot gevaar vir motoriste.

Hulle word gewaarsku om baie versigtig te bestuur veral saans en in reënweer wanneer slaggate minder sigbaar is.

The Citizen berig volgens die Vrystaatse departement van paaie se hoof superindentent in die Fezile-Dabi-streek, James Nkabinde, is ‘n kontrakteur aangestel en sou daar van die ergste gate Donderdag tydelik opgevul word.

‘n Kontrakteur sal na verwagting volgende week met die herstelwerk van slagte op dié gedeelte van die R59 begin.

Van die slaggate is vroeër vanjaar herstel nadat motoriste gekla het dat dié gate in die pad skade aan hul karre se bande veroorsaak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×