Die nasionale vervolgingsgesag doen ‘n beroep op alle slagoffers van gesinsgeweld om hul sake aan te meld en vas te staan teen intimidasie.
Dit, nadat ‘n beskuldigde se familie druk op die slagoffer probeer sit het om die klagtes teen die beskuldigde terug te trek.
Die staat het egter die onttrekking teëgestaan en daarop aangedring dat die saak voortgaan. Die man is in die Bloefmonteinse streekshof 10 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy sy vrou met ‘n staalpyp aangerand het.