Daar is tans ‘n massiewe teengif tekort in Suid-Afrika, en Stephan Fourie waarsku Bloemfonteiners dat hullie nie self slange moet probeer vang of doodmaak nie.

Dit, aangsien amper 90% van alle bytgevalle in die situasies gebeur.

Rosestad-nuus het met jou vriendelike buurt-slangvanger, Fourie, gesels oor hoe om jou kinders en troeteldiere tydens die slangseisoen veilig te hou.

Hy stel voor dat slange vanaf ‘n veilige afstand, min of meer 5m, dopgehou moet word, totdat die slangvanger opdaag. Troeteldiere moet onmiddelik na ‘n veearts gehaas word indien hulle is gepik is, en jy moenie ‘n druk verband opsit, die bytplek sny, brand of aan die wond suig nie.

Volgens Fourie word hulle die meeste vir pofadders uitgeroep, alhoewel rinkhalse en Kaapse kobras ook in Bloemfontein aangetref word. Daar is ongeveer 35 ander slangspesies in Bloemfontein wat nie as gevaarlik vir mense en troeldiere beskou word nie.

error: Inhoud is beskerm !!