Slegs 16% plaasaanvallers in die Vrystaat word deur die polisie in hegtenis geneem. Dit is vir die tydperk tussen April 2019 en Mei 2023, het die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Maqueen Letsoha-Mathae, geantwoord op ‘n vraag van die DA tydens ‘n gespreksessie in die Vrystaatse wetgewer. Volgens Maroela Media, het die LUR gesê 222 plaasaanvalle, waaronder 54 moorde, is in dié tydperk aangemeld. In slegs 36 gevalle is verdagtes in hegtenis geneem met slegs vyf suksesvolle skuldigbevindings. Die DA-leier in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, het gesê boere bly kwesbaar vir plaasaanvalle wat gepaard gaan met wrede en gewelddadige aksies teen slagoffers. Dit terwyl lede van die ANC en EFF plaasaanvalle regverdig deur boere van onwettige uitsettings te beskuldig, het Jankielsohn gesê. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×