Daar is slegs twee provinsies in Suid-Afrika waar daar NIE niemand in die afgelope 3 maande in ‘n plaasmoord gesterf het nie. Altesaam 17 mense het hul lewe binne dié tydperk in ‘n plaasaanval verloor.

Luidens ‘n netwerk24-verslag is dit net in die Noord-Kaap en Gauteng waar geen plaasmoord aangemeld is nie.

Daar is in die eerste sewe maande van vanjaar, 35 mense op plase vermoor, vergeleke met 24 in die ooreenstemmende tydperk in 2022.

Die DA sê hy gaan vra dat die verband tussen opruiende uitlatings, soos die Kill the Boer-lied, en plaasmoorde ondersoek word.

Die EFF hou vol dit is ’n lied uit sy historiese kultuur-erfenis, en dat dit nie met plaasmoorde verbind kan word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×