Liefhebbers van sjokolade, en veral die immergewilde paashasies, sal hierdie jaar heelwat meer moet opdok vir die lekkerny as gevolg van die 2023 styging in kakaopryse. Die hoër sjokolade pryse word nou in winkels weerspieël en nog stygings word later vanjaar verwag. Netwerk 24 berig die prys van kakao het vanjaar al meer as verdubbel.
Net die afgelope drie weke het die groothandelsprys van kakaobone in New York met meer as 47% gestyg tot meer as agt-duisend-900-dollar per ton. Britse verbruikers betaal reeds meer vir sjokolade met paashasies wat boonop baie gekrimp het. In Amerika is die gemiddelde prys van paaseiers 12% meer as verlede jaar. Die rekordstygings word deur swak oeste in die Ivoorkus en Ghana veroorsaak, die Wes-Afrika lande wat die meeste kakao verbou.