Volgens Leon Schreiber, minister van binnelandse sake, loop Suid-Afrikaners wat steeds groen ID-boeke gebruik en wat nie na slim ID-kaarte opgegradeer het nie, die risiko dat hul identiteit gesteel kan word.
Daily Investor berig deels hoekom die departement van binnelandse sake na ‘n aanlyn stelsel wil oorslaan is omdat baie mense, insluitend amptenare van binnelandse sake, betrokke is by onwettige aktiwiteite wat verband hou met die groen ID-boeke.
Die regering is besig om groen ID-boeke met slim ID-kaarte te vervang, met die doel om 2,5 miljoen slim ID-kaarte hierdie boekjaar uit te reik.
Vordering is egter stadiger as wat verwag is, aangesien sommige Suid-Afrikaners ‘n besoek aan die Departement van Binnelandse Sake met ‘n onaangename ervaring assosieer.
Dit word as ondoeltreffend en onvriendelik beskou, met lang toue, onvriendelike personeel, stelsels wat gereeld vanlyn gaan en stadige afleweringstye.