Slotbetoë vir borgtogaansoeke in die Bloemfonteinse landdroshof.
Dít is die orde van die dag vir vyf van die medebeskuldigdes van Thabo Bester, veroordeelde vermeende moordenaar en reeksverkragter.
Bester is in Mei verlede jaar na bewering deur ‘n hele groep medepligtiges bygestaan om uit die Mangaung-maksimumtronk in Bloemfontein te ontsnap.
Die vyf beskuldigdes wie nou om borgtog aansoek doen, staan tereg op 16 aanklagte, insluitend hulpverlening met ‘n ontsnapping, lykskending, bedrog, korrupsie en brandstigting.
Nie almal staan op al die aanklagte tereg nie.
Bester word vir nou in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Tshwane aangehou.