Lionsrock Big Cat Sanctuary by Bethlehem in die Vrystaat is nou die nuwe tuiste vir Snow en Sky, die twee tierwelpies wat uit onwettige private aanhouding in Slowakye in Sentraal-Europa gered is.
Die eenjarige welpies moes volgens IOL ‘n 13-duisend kilometer reis, na hulle nuwe tuiste in Vrystaat, aflê. Four Paws, ‘n wêreldwye dierewelsynsorganisasie gebaseer in Wene, Oostenryk, het gevra vir ‘n einde aan die wrede aanhou, teël en handel van groot katte.
Hul het ‘n beroep op alle Europese Unie-lidlande gedoen om die 2023 EU Tiger Guidance te implementeer en ‘n “positiewe lys” van spesies in te stel wat wettiglik aangehou en as troeteldiere verhandel kan word.