Die ondersoek na die sluipmoord-aanval op ‘n Durbanse advokaat is deur die Valke oorgeneem.

Coreth Naude is onder swaar polisiebewaking in ‘n private hospitaal in KwaZulu Natal.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) advokaat is gister na bewering in onder meer haar nek, skouer en bors getref nadat verskeie skote op haar motor in Umhlanga afgevuur is. Naude is tans in ‘n ernstig dog stabiele toestand.

SAID kommissaris, Edward Kieswetter, het die aanval op haar lewe in die sterkste moontlike terme veroordeel. Hy het bygevoeg dat die SAID nie deur sulke dade van lafhartigheid geintimideer sal word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×