Die Referendum Party in die Wes-Kaap eis dat die provinsie se grense gesluit word sodat grootskaalse onwettige grondbesetting tot ‘n einde kan kom. Maroela Media berig die enkelsaakparty wat Wes-Kaapse onafhanklikheid ondersteun, het verwys na die jongste sensus dat slegs 30% van die Wes-Kaapse bevolking in die provinsie gebore is. Onwettige immigrasie versnel teen ‘n geweldige tempo, het Phil Graig, leier van die Referendum Party gesê. Onwettige grondbesetters is ‘n brandende kwessie omdat dit ‘n massiewe uitwerking op die omgewing het want daar word ingedring op erfgrond, en hulpbronne van wettige inwoners word gesteel. Graig het gesê alle mense is welkom in die Wes-Kaap maar dit moet op ‘n wettige manier geskiet wat die lewensgehalte van inwoners verbeter, eerder as om hulle skade te berokken. Die sluiting van die grens moet voldoen aan streng immigrasieprotokolle wat nie-rassig is.
