Binnelanders wat Wes-Kaap toe gaan vir vakansie, word deur die Stranded Marine Animal Rescue Team (SMART) gewaarsku dat jong robbe, ondanks hul klein grootte, steeds kan byt en moontlik hondsdolheid kan dra.

Nuusflits berig mense word aangeraai om weg te bly en SMART vir professionele hulp te kontak.

Ses robwelpies, wat tydens die welpseisoen op strande rondom Mosselbaai gevind is, is onlangs na Robeiland hervestig.

Sedertdien is nog robwelpies op die strand gevind.

Die welpies ontvang spesialisversorging by die Hartenbos-dierehospitaal om sterk genoeg te wees vir hul terugkeer na die natuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×