Die 40-jarige Derick Hougaard, of Loftus se Liefling, soos rugbygeesdriftiges hom ken, veg steeds om sy lewe in die waakeenheid van ʼn hospitaal in Pretoria.

Hougaard is meer as ʼn week gelede bewusteloos in sy huis aangetref is.

Maroela Media berig sy vriendin, die sangeres Nádine, het op hom afgekom waarna ʼn ambulans hom hospitaal toe geneem het.

Hougaard het teen vroeër vanoggend nog nie sy bewussyn herwin nie.

Hy is weens ernstige longprobleme aan ‘n ventilator gekoppel.

Mense van oor die land en wêreld heen dra Hougaard in gebed op.

Sy ma, Riana, het ‘n roerende boodskap op Facebook geplaas: “Ma en pa hou vas aan ons geloof, ons hou ook mekaar vas, en die trane ruk ons lywe. Ek en pa is so lief vir jou; baklei, my kind, soos net jy kan baklei . . . blaas nuwe asem in sy longe, asseblief, Heer, ons smeek by U vir Derick se gesondheid”.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×