Die Smile Foundation hou weer ’n Smile Week by die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein, waar 17 kinders van 17 tot 21 Februarie lewensveranderende rekonstruktiewe operasies ondergaan.
Volgens die instansie se mediaverklaring gee hierdie ingryping hulle glo ’n nuwe kans op ’n beter lewe.
Een van die pasiënte, Kananelo, ontvang glo verdere behandeling ná ernstige brandwonde, terwyl verskeie ander kinders met gesig- en handafwykings ook geopereer word.
Die operasies sluit blykbaar in herstel van gesplete lippe en verhemeltes, asook korrektiewe chirurgie vir kinders met brandwonde en ander rekonstruktiewe behoeftes.
Die Smile Foundation voel hierdie prosedures help kinders om selfvertroue te bou en gee hoop om vir die toekoms vorentoe te kyk.