Die Britse supergroep, Smokie, toer vanaf 18 tot 22 September na Suid-Afrika as deel van hul 45ste verjaardagwêreldtoer. Die toer sluit optredes in Kaapstad, Pretoria, Gqberha en Ekurhuleni in.
Hoewel van die lede in die groep deur die jare verander het, bly dit ‘n reuse prestasie om na vyf-en-veertig jaar steeds gehore regoor die wêreld te vermaak en konserte uit te verkoop.
Die hoofsanger van die groep, Pete Lincoln, sê hy sien persoonlik baie uit om Suid-Afrika weer te besoek.
