Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, of Saru, het Dinsdag die nuwe Springbok-truie onthul met Nike wat vir die volgende ses-jaar die truie-borg gaan wees. Die span sal reeds Saterdag in die nuwe trui teen die Wallabies opdraf in hul eerste toets vanjaar op Loftus. Die trui is geskoei op die ou tradisies van groen en goud met ‘n omvou-kraag. Dit is egter die alternatiewe trui wat die oë gaan laat rek. Dié trui is ‘n bont seegroen- en wit trui wat deur die Suid-Afrikaanse kultuur geïnspireer is. Die Springbokke sal volgende maand in Buenos Aires, wanneer Suid-Afrika teen die Poemas in ‘n opwarmingstoets vir die Wêreldbeker-toernooi speel, die eerste keer die alternatiewe trui dra. Ondersteuners kan van Vrydag af landwyd die ondersteunerstruie koop. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×