Finansiele kenners het met die begrotingsrede vandeesweek op hande bereken hoeveel dit sal kos om die Nasionale Gesondheidsversekering van stapel te stuur. Business Tech berig finansiele kenners by FTI konsultante het bevind dat daar drie waarskynlike opsies is vir elke werkende Suid-Afrikaner om tot die NGV by te dra.

Die eerste is dat elke persoon wat in die formele sektor werk ongeveer R1 500 per maand moet bydra wat direk van sy salaris afgetrek sal word. Die tweede scenario is ‘n verhoging in Belasting tot Toegevoegde waarde, oftewel BTW, tot 22%. Die derde moontlikheid is ‘n 30% verhoging in belasting vir werkende Suid-Afrikaners.

Kenners het reeds gewaarsku dat die NGV in sy huidige formaat nie lewensvatbaar is nie, terwyl die land asem ophou of president Cyril Ramaphosa wel die wet in sy huidige vorm gaan onderteken. Die koste van die NGV is in 2022 op twee-honderd-miljard-rand per jaar geskat. Ekonome glo egter dat die NGV nie vanjaar  tydens die begrotingsrede ter sprake gaan kom nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×