Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het weer sy net verbreed oor maatskappye wat verdink word van wangedrag, terwyl hy voortgaan om staatskapingskorrupsie te ondersoek.
Primedia berig dit volg nadat Cyril Ramaphosa die SOE die groen lig gegee het om ‘n omstrede ooreenkoms tussen die SAUK en die Gupta-familie se publikasie, The New Age, te ondersoek.
Die SAUK het tussen 2011 en 2016 ’n reeks, wat as sakeontbyt-inligtingsessies bekend gestaan het, uitgesaai. Bewerings van korrupsie en wanadministrasie in die ooreenkoms tussen die SAUK en die New Age-koerant sal nou deur die SOE ondersoek word.
Deel hiervan sluit in om te ontdek of enige wette, riglyne en instruksies deur die Nasionale Tesourie oortree is.