Die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, sê dit het 12 regsfirmas na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwys vir strafregtelike vervolging. Die SOE het ‘n ondersoek van stapel gestuur na minstens 100 regsfirmas wat die Padongelukkefonds (POF) bedrieg het. Die SOE se hoof nasionale ondersoekbeampte, Leonard Lekgetho, het die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) ‘n opdatering oor ondersoeke gegee. Lekgetho het uiteengesit hoe dubbele eise deur die firmas die POF ‘n geraamde 340-miljoen rand kos. Hy het aan Skoor gesê 317-miljoen rand is verhaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×