Die Vrystaatse polisie soek steeds na ‘n onbekende aantal verdagtes wat ‘n egpaar vroeër die week op hul Paradys-kleinhoewe, suid van Bloemfontein aangeval het.
‘n Vriend van die egpaar se seun het die polisie en nooddienste ontbied nadat hy op die 71-jarige man se liggaam afgekom het.
Die 64-jarige vrou het beserings opgedoen en is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.
Die aanval het vermoedelik Maandag plaasgevind. Sover bekend is niemend nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.
Mense met enige inligting word gevra om die polisie se stop-misdaadnomer by 08 600 10111 te bel.
1 Comment
Comments are closed.