‘n 32-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van Joslin Smith, van Saldanhabaai.

Die polisie het vroeër aan SABCNews bevestig dat nog mense vir ondervraging ingeneem is. Joslin se ma, Kelly Smith, haar vriend, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, het borgtog laat vaar en bly tot hulle volgende hofverskyning in aanhouding.

Dit is bykans ‘n maand, sedert Joslin uit haar huis in die Middelpos informele nedersetting vermis geraak het. Die 32-jarige vrou verskyn na verwagting vandag in die landdroshof op Vredenburg. Intussen duur die soektog na klein Joslin onverpoosd voort.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×