Soos die soektog na die vermiste 6-jarige Joslin Smith nou internasionaal ook plaasvind, is die Saldanhabaai-gemeenskap verdeel in hul hoop dat die dogtertjie weer gevind sal word.
IOL berig die minister van polisie, Bheki Cele, het in ‘n TV-onderhoud bevestig hulle werk saam met Interpol in die soektog na Joslin. Cele het in ‘n onderhoud met die SAUK gesê ‘n skip is in Londen deursoek omdat daar inligting was wat aandui dat sy op daardie skip kon wees.
Hy het gesê dit het sowat twee en ’n half dae geneem vir die skip om deursoek te word. Sy was nie op die skip gewees nie. Cele het ook bevestig dat die kledingstukke wat vir DNS-toetse geneem is, nie positief met Joslin verbind is nie.
LEES MEER: Vermiste Joslin se ma verskyn in die hof
Joslin het op 19 Februarie uit haar huis verdwyn en die soektog het verskerp nadat dit aan die lig gekom het dat sy moontlik vir R20 000 verhandel is.