‘n Tradisionle geneesheer en selfverklaarde profeet, is to vyf lewenslange vonnise en nog 30 jaar vir verkragting in die Nquthu-streekshof gevonnis.

Volgens Nuusflits sou hy vir sy slagoffers sê dat hulle getoor is en dat hulle nie lank het om te lewe nie. Wanneer hulle by sy huis opdaag om glo die vloek om te keer is hulle dan verkrag. Mthokozisi Cyril Mdlalose se naam sal op die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring word.

Volgens die provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal kom die vonnis in ‘n maand waarin die land al die pogings en opofferings wat vroue in ons samelewing gemaak het, eer en aandag daaraan gee.

Vonnisse soos hierdie moedig ondersoekers aan om meer moeite te doen en geen steen onaangeroer te laat nie, wetende dat die hof diegene wat vroue mishandel vir altyd uit die samelewing verwyder sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×