SOKKER  –  Met die wêreld se se grootste sportskouspel wat oor minder as 2 weke in Katar afskop het Ecuador se afrigter Gustavo Alfaro reeds die eerste sarsie vuurwerke laat klap.

Diè toernooi was aanvanklik geskeduleer om op Maandag 21 November af te skop maar die organiseerders het gevoel dat dit beter sou wees as die gasheerland in die openingswedstryd speel en het ook reeds in Augustus die wedstryd na die 20ste verskuif.

Alfaro het egter gebrom oor die feit dat hy nie in diè saak geken was nie en nou een dag minder het om sy span deur hul passies te neem terwyl die res van die spanne genoeg voorbereidingstyd gegun word.

Ecuador se deelname aan diè wêreld skouspel was ook in omstredenheid gedompel nadat Chili ‘n klag by FIFA aanhangig gemaak het teen die La Tri waar hulle blykbaar van ‘n ongemagtigde speler gebruik gemaak het om vir die toernooi te kwalifiseer maar diè saak is egter agterna deur die Hof van Arbitrasie vir Sport uitgegooi.

Ecuador pak Katar op die 20ste November om 18:00 (SA Tyd) terwyl Nederland en Senegal wat ook in Groep A geloot is mekaar 24 uur later die stryd sal aansê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×